JavaScript
Voorkoms
JavaScript is 'n objekgeoriënteerde programmeertaal wat algemeen gebruik word tydens die ontwerp van webbladsye.
JavaScript se sintaks lyk baie soos die van die Java-programmeertaal. Omdat beide die tale algemeen vir webtoepassings gebruik word, word hulle algemeen met mekaar verwar. Maar die vergelyking hou egter daar op, want JavaScript het heelwat meer met funksionele programmeertale in gemeen as met Java.
Gebruik op webblaaie
'n Minimale voorbeeld van 'n webblad wat JavaScript kode (HTML 4.01 sintaks) bevat word hieronder vertoon:
<!DOCTYPE HTML PUBLIC "-//W3C//DTD HTML 4.01//EN"
"http://www.w3.org/TR/html4/strict.dtd">
<html>
<head><title>'n Eenvoudige bladsy</title></head>
<body>
<script type="text/javascript">
document.write('Hallo wêreld!');
</script>
<noscript>
<p>Jou webblaaier ondersteun nie JavaScript nie, of jy het dit afgeskakel.</p>
</noscript>
</body>
</html>
Gebruik by Windows
JavaScript kan ook op Windows uitgevoer word met die sogenoemde WSH (Windows Scripting Host). Daarvoor moet men 'n .js file krëeer en die program daarin skryf. Met 'n dubbelkliek kan die Script-File uitgevoer word.