Gaan na inhoud

JavaScript

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur SpesBona (besprekings | bydraes) op 19:35, 11 September 2014 (+ Beeld & Commons)
Nie-amptelike logo van JavaScript

JavaScript is 'n objekgeoriënteerde programmeertaal wat algemeen gebruik word tydens die ontwerp van webbladsye.

JavaScript se sintaks lyk baie soos die van die Java-programmeertaal. Omdat beide die tale algemeen vir webtoepassings gebruik word, word hulle algemeen met mekaar verwar. Maar die vergelyking hou egter daar op, want JavaScript het heelwat meer met funksionele programmeertale as met Java in gemeen.

Gebruik op webblaaie

'n Minimale voorbeeld van 'n webblad wat JavaScript kode (HTML 4.01 sintaks) bevat word hieronder vertoon:

<!DOCTYPE HTML PUBLIC "-//W3C//DTD HTML 4.01//EN" 
"http://www.w3.org/TR/html4/strict.dtd">
<html>
  <head><title>'n Eenvoudige bladsy</title></head>
  <body>
    <script type="text/javascript">
      document.write('Hallo wêreld!');
    </script>
    <noscript>
      <p>Jou webblaaier ondersteun nie JavaScript nie, of jy het dit afgeskakel.</p>
    </noscript>
  </body>
</html>

Gebruik by Windows

JavaScript kan ook op Windows uitgevoer word met die sogenaamde WSH (Windows Scripting Host). Daarvoor moet mens 'n .js lêer skep en die program daarin skryf. Met 'n dubbelkliek kan die lêer uitgevoer word.

Sien ook

Eksterne skakels