JavaScript

JavaScript(JS) is 'n multi-paradigma programmeringstaal wat verskeie style ondersteun, insluitend objekgeoriënteerde, funksionele, prototipegebaseerde en gebeurtenis-gedrewe programmering. Die meerderheid weblesers gebruik en ondersteun die taal. Javascript laat webbladsye toe om interaktief op te tree (dit wil sê die bladsy verander gebaseerd op die gebruiker se intree of ander gebeurtenisse).
JavaScript word gereeld met die Java-programmeertaal verwar, veral omdat beide tale algemeen vir webtoepassings gebruik word. Maar die vergelyking hou egter daar op, want JavaScript het heelwat meer met funksionele programmeertale as met Java in gemeen.
Javascript was eers net gebruik deur weblesers maar was verder ontwikkel om ook werk vir die bediener te doen (veral deur Node.js).
Gebruik op webblaaie
'n Minimale voorbeeld van 'n webblad wat JavaScript kode (HTML 4.01 sintaks) bevat word hieronder vertoon:
<!DOCTYPE HTML PUBLIC "-//W3C//DTD HTML 4.01//EN"
"http://www.w3.org/TR/html4/strict.dtd">
<html>
<head><title>'n Eenvoudige bladsy</title></head>
<body>
<script type="text/javascript">
document.write('Hallo wêreld!');
</script>
<noscript>
<p>Jou webblaaier ondersteun nie JavaScript nie, of jy het dit afgeskakel.</p>
</noscript>
</body>
</html>
Die grootste voordeel van Javascript is dat die gebruiker se webleser die werk doen. Dit laat die webbladsy toe om te reageer op die gebruiker se intree. JavaScript kan meer gebruiker aksies waarneem as HTML, soos watter knoppies op die sleutelbord gedruk was.
Gebruik by Windows
JavaScript kan ook op Windows uitgevoer word met die sogenaamde WSH (Windows Scripting Host). Daarvoor moet mens 'n .js lêer skep en die program daarin skryf. Met 'n dubbelkliek kan die lêer uitgevoer word.
Sien ook
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met JavaScript. |