Gaan na inhoud

Kodek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Codec)

Kodek ('n samesmelting van die woorde kodeerder en dekodeerder) is die vakterm vir hardeware (byvoorbeeld 'n rekenaarkaart) of sagteware wat beeld- en klankdata kan transformeer sodat dit maklik bewerk of gestoor kan word. 'n Kodek kan ook gebruik word om die oorspronklike uit die gestoorde data te herwin. Die oudio-kodek MP3 is deesdae die gewildste kodek vir gekomprimeerde musiek.