Wins voor rente en belasting
Wins voor rente en belasting (Engels: earnings before interest and tax; EBIT) is 'n maatstaf van 'n firma se wins wat alle inkomste en uitgawes insluit, behalwe rente-uitgawes en inkomstebelastinguitgawes.[1][2]
Bedryfsinkomste en bedryfswins word soms as sinonieme vir EBIT gebruik wanneer 'n firma geen nie-bedryfsinkomste en nie-bedryfsuitgawes het nie.[3]
Formule
[wysig | wysig bron]- EBIT = netto-inkomste + rente + belasting = EBITDA – (waardevermindering- en amortisasie-uitgawes)
- bedryfsinkomste = bruto inkomste – bedryfsuitgawes = EBIT – nie-bedryfswins + nie-bedryfsuitgawes[3]
waar
- EBITDA = wins voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie
Oorsig
[wysig | wysig bron]'n Professionele belegger wat 'n verandering in die kapitaalstruktuur van 'n firma oorweeg (bv. deur 'n hefboomuitkoop) evalueer eers 'n firma se fundamentele verdienpotensiaal (weerspieël deur wins voor rente, belastings, waardevermindering en amortisasie (EBITDA) en EBIT), en bepaal dan die optimale gebruik van skuld teenoor ekwiteit (ekwiteitwaarde).
Om EBIT te bereken, word uitgawes (bv. die koste van verkope, verkoop- en administratiewe uitgawes) van inkomste afgetrek.[4] Netto-inkomste word later verkry deur rente en belastings van die resultaat af te trek.
Inkomste | |
---|---|
Verkope | R20 438 |
Koste van verkope | R7 943 |
Brutowins | R12 495 |
Bedryfsuitgawes | |
Verkoop-, algemene en administratiewe uitgawes | R8 172 |
Waardevermindering en amortisasie | R960 |
Ander uitgawes | R138 |
Totale bedryfsuitgawes | R9 270 |
Bedryfswins | R3 225 |
Nie-bedryfsinkomste | R130 |
Wins voor rente en belasting (EBIT) | R3 355 |
Finansiële inkomste | R45 |
Wins voor rente-uitgawes (IBIE) | R3 400 |
Finansiële uitgawes | R190 |
Wins voor belasting (EBT) | R3 210 |
Inkomstebelasting | R1 027 |
Netto-inkomste | R2 183 |
Wins voor belastings
[wysig | wysig bron]Wins voor belastings (Engels: earnings before tax; EBT) is die geld wat deur die firma verdien word voordat die geld wat vir belasting betaal moet word, afgetrek word. EBT neem die geld wat vir rente betaal is in ag. Dit kan dus bereken word deur die rente van EBIT (wins voor rente en belasting) af te trek.
Sien ook
[wysig | wysig bron]![]() |
Wikidata het die eienskap: operating income (P3362) (sien gebruike) |
- Wins voor rente, belasting en amortisasie (EBITA)
- Wins voor rente, belasting en waardevermindering (EBITD)
- Wins voor rente, belasting, waardevermindering, amortisasie en herstrukturerings- of huuruitgawes (EBITDAR)
- Wins voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (EBITDA)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Bodie, Zvi; Kane, Alex; Marcus, Alan (2005). Essentials of Investments. McGraw Hill. p. 452. ISBN 9780072510775.
- ↑ "Earnings before interest and, taxes (EBIT)". NASDAQ. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2023.
- ↑ 3,0 3,1 Murphy, Chris B. (11 Julie 2019). "How are EBIT and operating income different?". Investopedia.
- ↑ "What is EBIT? definition and meaning". investorwords.com. Besoek op 3 Oktober 2019.