Reusesterretjie
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Hydroprogne caspia)
Reusesterretjie | |
---|---|
![]() | |
In broeidrag, Kanada | |
![]() | |
Met visprooi in Washington | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Hydroprogne Kaup, 1829
|
Spesie: | H. caspia
|
Binomiale naam | |
Hydroprogne caspia (Pallas, 1770)
| |
![]() | |
broeigebiede deurgangsgebiede heeljaar aanwesig buite broeityd aanwesig |

Die reusesterretjie (Sterna caspia) is 'n voël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Caspian tern.
Dit is die enigste spesie in die genus Hydroprogne.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die voël het 'n wit lyf, grys rug en vlerkrugkante, 'n swart mus op die kop, swart pote en 'n enorme rooi snawel. Die reusesterretjie is die grootste spesie onder die sterretjies.
Habitat en gewoontes
[wysig | wysig bron]Die voël vang vis in die see en broei op eilande, bv. Robbeneiland, en slaap ook by riviermondings. Hulle is alleenlopend maar kan ook saam met ander sterretjies voorkom. Die reusesterretjie duik diep agter prooi aan. Omrede die voëls nie enige steurnisse gedurende broeityd verdra nie, het dit 'n bedreigde spesie geword.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronne
[wysig | wysig bron]- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000. ISBN 1-86872-449-2