Teodoro Obiang Nguema Mbasogo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Teodoro Obiang Nguema Mbasogo
Teodoro Obiang Nguema Mbasogo

2de President van Ekwatoriaal-Guinee
Ampsbekleër
Termynaanvang
3 Augustus 1979
Vise Ignacio Milam Tang
Teodoro Nguema Obiang Mangue
Eerste minister Cristino Seriche Bioko
Silvestre Siale Bileka
Ángel Serafín Seriche Dougan
Cándido Muatetema Rivas
Miguel Abia Biteo Boricó
Ricardo Mangue Obama Nfubea
Ignacio Milam Tang
Vicente Ehate Tomi
Voorafgegaan deur Francisco Macías Nguema

Voorsitter van die Afrika-unie
Ampstermyn
31 Januarie 2011 – 29 Januarie 2012
Voorafgegaan deur Bingu wa Mutharika
Opgevolg deur Yayi Boni

Persoonlike besonderhede
Gebore 5 Junie 1942 (1942-06-05) (81 jaar oud)
Acoacán, Spaans-Guinee (tans Ekwatoriaal-Guinee)
Politieke party Democratic Party of Equatorial Guinea
Eggenoot/-note Constancia Mangue
Kind(ers) 1
Religie Rooms-Katolieke Kerk

Teodoro Obiang Nguema Mbasogo (gebore 5 Junie 1942) is sedert 1979 die president van Ekwatoriaal-Guinee.

President Mbasogo saam met Condoleezza Rice, die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake in April 2006.

Obiang, wat verskeie regeringsposte, insluitende die hoof van die berugte Black Beach-tronk, beklee het, het op 3 Augustus 1979 sy oom in 'n bloedige staatsgreep omver gewerp. Die aard van Obiang se regering is nie-demokraties, aangesien opposisie nie toegelaat word nie. Hy word ook beskuldig van korrupsie en magsmisbruik. Ekwatoriaal-Guinee is tans 'n eenpartystaat wat deur die Democratic Party of Equatorial Guinea (PDGE) beheer word. Die grondwet verskaf aan Obiang wye magte, insluitend die reg om deur dekrete te regeer.

Soos vorige Afrika diktators, het Obiang ook sekere titels aan homself toegeken. Dit sluit in: "heer van die eilande Bioko, Annobón en Río Muni." Hy verwys ook na homself as "El Jefe" (die baas).

In Maart 2004 het Obiang aangekondig dat 'n staatsgreep teen hom beplan is deur die intelligensiedienste van die VSA, Brittanje en Spanje, gelei deur Mark Thatcher en Simon Mann. Kort daarna is 15 mense in Ekwatoriaal-Guinee gearresteer, asook 'n vliegtuig vol huursoldate in Zimbabwe wat blykbaar na die land op pad was. Hierdie gebeure is in die 2006-Britse film Coup! verewig. Die huursoldate wat in Zimbabwe in hegtenis geneem is, insluitend Mann, is tronk toe gestuur. Obiang het aangevoer dat die Weste Severo Moto Nsá as president wou instel.

Die Suid-Afrikaner, Nick du Toit, is as die leier van die huursoldate in Ekwatoriaal-Guinee aangekla en tot 34 jaar tronkstraf gevonnis.

Obiang word geteister deur terminale prostaatkanker en die president wil na bewering hê sy seun, Teodorín Nguema Obiang, moet hom opvolg. Dit word deur 'n ander moontlike opvolgingskandidaat teengestaan: Armengol Ondo Nguema.

In November 2021 is Teodoro Obiang Nguema Mbasogo op sy party se kongres aangestel as 'n kandidaat vir 'n sesde termyn in die 2023-verkiesing.