1773
Voorkoms
1773 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1768 | 1769 | 1770 | 1771 | 1772 | ◄ 1773 ► | 1774 | 1775 | 1776 | 1777 | 1778 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1773 |
![]() | ||||||||||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||||||||
Tafelbaai in 1773 (Bellin) | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1773 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 73ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 15 Maart – Pous Clemens XIV stel Gennaro Antonio de Simone, apostoliese protonotarius aan as kardinaal.
- 19 April – Pous Clemens XIV stel Francesco Carafa della Spina di Traetto, titulêr aartsbiskop van Patras en Francesco Saverio de Zelada, titulêr aartsbiskop van Petra in Palestina aan as kardinale.
- 26 April – Pous Clemens XIV stel Giovanni Angelo Braschi, (later Pous Pius VI) en Francesco D'Elci, ouditeur generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 10 Mei – Giovanni Angelo Braschi (later Pous Pius VI) word kardinaal-priester van S. Onofrio.
- 1 Junie – Wolraad Woltemade red 14 mense op die gestrande De Jonge Thomas deur sewe keer met sy perd in die stormsee na die skip te swem, maar betaal met sy lewe tydens sy agste poging.
- 21 Julie – Pous Clemens XIV publiseer sy brief Dominus ac redemptor noster waarin die Jesuïte-orde ontbind word.
- 16 Desember – Die Boston Teeparty vind plaas.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 9 Februarie – William Henry Harrison, was die negende President van die Verenigde State († 1841).
- 6 Oktober – Louis Philippe, Franse koning.
- 21 Desember – Robert Brown, Skotse plantkundige († 1858).
- Onbekend – Dawid Stuurman, 'n Khoi-opperhoof en politieke aktivis wat teen die Nederlandse en Britse koloniale regering in opstand gekom het († 1830).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 23 Januarie – Pieter van Rheede van Oudtshoorn, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop maar sterf ter see (* 1714).
- 1 Junie – Wolraad Woltemade, held van die Kaap die Goeie Hoop (* circa 1708)