Gaan na inhoud

Agulhasvlakte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Op hierdie foto van die Terra-satelliet is Soetendalsvlei reg noord van Kaap Agulhas sigbaar, benewens Agulhas- Nasionale Park op linkerhand en De Mond-natuurreservaat op die regterkant.

Die Agulhasvlakte is 'n komplekse vleilandstelsel wat in die Overberg aan die suidpunt van Afrika lê.[1][2] Dit begin noord van Bredasdorp, en strek tot by die suidpunt van Kaap Agulhas. Die westelike grens lê naby Gansbaai.[3]

Daar is baie bedreigde plantspesies in die gebied.[4] Baie van hulle word nie in die staatswoude en privaat natuurreservate langs die kusgebiede aangetref nie, maar groei meer in die binneland.[5][6]

Flora

[wysig | wysig bron]

'n Nuwe fynbosleliespesie, die Nuwejaarslelie (Cyrtanthus novus-annus), is in 'n bewaringsgebied op die Agulhasvlakte ontdek[7] en die spesie Hermannia concinnifolia is endemies aan die vlakte.

Paleo-Agulhasvlakte

[wysig | wysig bron]

Die nou onderwater Paleo-Agulhasvlakte in Suid-Afrika het uiteenlopende, groen ekosisteme en volop wild vir vroeë mense gehad.[8]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) SAEON: Abstract on Agulhas Plain Besoek op 17 Mei 2025.
  2. "An estimate of the recreational value of the Agulhas Plain, South Africa, with special reference to the value of plant biodiversity". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2023. Besoek op 17 Mei 2025.
  3. Wildflower harvesting on the Agulhas Plain, South Africa: Challenges in a fragmented industry (see map)
  4. "Agulhas Plain–Heuningnes Estuary". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2023. Besoek op 17 Mei 2025.
  5. "Protecting species". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2022. Besoek op 17 Mei 2025.
  6. "CREW: Why the Agulhas Plain is a plant priority". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2022. Besoek op 17 Mei 2025.
  7. "New fynbos lily discovered at southern tip of Africa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2022. Besoek op 17 Mei 2025.
  8. "Drowned Paleo-Agulhas Plain was an Eden for Early Humans". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2021. Besoek op 17 Mei 2025.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]