Asus
![]() | |
Tipe | Publieke maatskappy |
---|---|
Gestig | 2 April 1990 |
Hoofkantoor | Beitou-distrik, Taipei , Republiek China (Taiwan) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Sleutelpersone | Jonney Shih (voorsitter) Jerry Shen (hoof uitvoerende beampte) |
Produkte | Tafel- en skootrekenaars, netboekrekenaars, rekenaarskerms, bedieners, werkstasies, moederborde, grafiekkaarte, netwerktoerusting, optiese stoormedia, selfone, multimediaprodukte |
Inkomste | 19,07 miljard VSA-$ (2010) |
Aantal werknemers | 113 324 (2010) |
Webwerf | asus.com |
ASUSTeK Computer Inc. (Asus) (Chinees: 華碩電腦股份有限公司; Pinyin: Huá Shùo Diànnǎo Gǔfèn Yǒuxiàn Gōngsī, letterlik "Die Groot Wonderlike Rekenaarkorporasie"), algemeen bekend as Asus, is 'n groot Nasionaal-Chinese vervaardiger van rekenaar-hardeware en elektroniese verbruikersware. Sy huidige reeks produkte sluit moederborde, tafel- en skootrekenaars, netboeke, rekenaarmonitors, tabletrekenaars, bedieners en selfone in. Asus vervaardig daarnaas ook komponente vir ander maatskappye in die inligtingstegnologiebedryf, waaronder Dell, Falcon Northwest, Hewlett-Packard en Apple, Inc..
Die multinasionale maatskappy het sy hoofkwartier in die Taiwannese hoofstad Taipei. Sy aandele word onder die afkorting 2357 op die Taiwannese Effektebeurs en onder ASKD op die Londense Effektebeurs verhandel. In Januarie 2008 is die maatskappy in drie selfstandige sake-afdelings verdeel: Asus, Pegatron en Unihan.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met ASUS. |