Gaan na inhoud

Balte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Balte
Lande met 'n aansienlike Baltiese bevolking
Totale bevolking: 5,8 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Letlanders 1,8 miljoen
Litauers 3 miljoen
Taal: Baltiese tale
Geloofsoortuiging: Christendom, Baltiese Neopaganisme
Verwante etniese groepe: Baltiese Finne, Slawiërs (hoofsaaklik Belarusse, Kasjoebe en Pomorane), Germane

Die term Balte (afgelei van die Latynse naam van die Oossee, Mare Balticum; Litaus: baltai, Lets: balti) het twee verskillende betekenisse, afhangende daarvan of dit in 'n geografies-politiese of 'n taalkundig-etnografiese konteks gebruik word. Dit kan verwys na

Baltiese stamme omstreeks 1200 n.C.

Hierdie artikel behandel die Baltiese volke as etniese groep.

Etimologie

[wysig | wysig bron]

As sambreelterm vir Baltiessprekende stamme – Oud-Pruise, Litauers, Letlanders, Koere, Semgalle en Sele – het Balte eers in 1845 met die publikasie van Georg Heinrich Ferdinand Nesselmann (1811–1881) se werk Sprache der alten Preußen ingeburger geraak. Nesselmann, 'n Duitse oriëntalis, filoloog en historikus, wat ook navorsing oor die vroeë geskiedenis van wiskunde gedoen het, het Litause (1850) en Oud-Pruisiese (1873) woordeboeke saamgestel en 'n bundel met Litause volksliedere (1853) gepubliseer.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Balte.
  • (en) "Balt". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Mei 2025.