Gaan na inhoud

Cedara

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Cedara is ‘n landbounavorsingstasie en -kollege by Hilton in KwaZulu-Natal.

Navorsing word gedoen oor aangeplante weiding, melkboerdery, varke, pluimvee en wintergewasse vir veevoer. Die navorsing is van nut in groot dele van die provinsie en Griekwaland-Oos. ‘n Driejarige diploma in landbou sowel as ‘n wye verskeidenheid kort kursusse word aangebied.

Naam en Ligging

[wysig | wysig bron]

Cedara se naam is afkomstig uit Sotho met die betekenis van “plek waar niks groei”.

Die plaas van 1 500 hektaar is by 29° 32′ suid, 30° 17′ oos, 1052 m bo seespieël, 10 km van Howick en 16 km noordwes van Pietermaritzburg. Hier val gemiddeld 880 mm reën per jaar.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die navorsingsplaas is in 1902 deur die destydse koloniale regering van Natal gestig en reeds vier jaar later is die eerste studente ingeskryf. Op Elsenburg na is dit die oudste landboukollege in die land. Dit val nou onder beheer van die provinsie se departement van landbou. Die hoofgebou van die proefplaas dateer uit 1905 en is van besondere argitektoniese belang. Dit laat dink aan die styl van die beroemde Engelse dramaturg en argitek sir John Vanbrugh (1664-1726). In 1994 is dit tot kultuurmonument verklaar.

Lees ook

[wysig | wysig bron]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • www.kzndard.gov.za