Dunedin
Dunedin (Engels) Ōtepoti (Maori) | |
---|---|
![]() | |
Byname: Edinburgh of the South, Dunners | |
Leuse: Maiorum institutis utendo[1] ("Deur in ons voorvaders se voetspore te volg") | |
Ligging | |
![]() |
![]() |
Vlag en wapen | |
![]() |
![]() |
Basiese gegewens | |
Stigting: | 1300 (Maori's) 1848 (Europeërs) |
Stadstatus: | 1855 |
Bevolking: | 126 255[2] (2018-sensus) |
Oppervlakte: | 3 286,14 km²[3] |
Bevolkingsdigtheid: | 38,4/km² |
Gemiddelde inkomste: | NZ$18 226 miljard[4] (Otago-streek, 2024) |
Per kapita: | NZ$71 113[5] (Otago-streek, 2024) |
Geografiese ligging: | 45°52′S 170°30′O / 45.867°S 170.500°O |
Tydsone: | UTC +12 (NZST) |
Somertyd: | UTC +13 (NZDT) |
Amptelike webwerf: | dunedin.govt.nz |
Administratiewe verdeling | |
Land: | ![]() |
Eiland: | Suideiland |
Streek: | Otago |
Burgemeester: | Jules Radich (Team Dunedin) |
Dunedin (Engels: [dʌˈniːdɪn], ; Māori: Ōtepoti) is die tweede grootste stad op Nieu-Seeland se Suideiland en die belangrikste nedersetting in die administratiewe distrik Otago. Ten opsigte van sy bevolking is Dunedin die vyfde grootste stad in die eilandstaat, die grootste volgens sy oppervlakte, en die sentrum van die sesde grootste stedelike gebied in Nieu-Seeland. Dit is daarnaas ook die wêreld se suidelikste stad met 'n bevolking van meer as 100 000.

Dunedin word om historiese en kulturele redes as een van die vier beduidendste stedelike nedersettings in Nieu-Seeland beskou, alhoewel Hamilton en Tauranga dit ten opsigte van hul stedelike bevolkings reeds verbygesteek het. In teenstelling met Christchurch, die grootste stad op die Suideiland met sy tipiese Engelse karakter, is Christchurch oorspronklik as 'n hoofsaaklik Skotse nedersetting gestig, waarby die Presbiteriaanse Kerk van Skotland 'n belangrike rol gespeel het. Skotse setlaars het hier gedurende die ekonomiese depressie van 1840 'n nuwe tuiste gevind. Die koeler klimaat van die suide was aantreklik genoeg om hier 'n nedersetting te stig wat die geangliseerde Keltiese naam van Edinburg, Dunedin, sou dra. Die groei van Dunedin was aan die 19de eeuse goudstormloop gekoppel wat die stad van voldoende fondse voorsien het om 'n eersterangse infrastruktuur van strate, brûe, 'n eie universiteit en seehawe te kan bekostig.
Tot vandag toe het Dunedin sy Victoriaanse karakter bewaar, en ook sy telefoongids lys nog steeds 'n opvallend groot persentasie Skotse vanne met die voorsetsels Mac of Mc. In Dunedin is ook Nieu-Seeland se enigste whisky-distilleerdery gestig. In 'n park in die stadsentrum, wat in die vorm van 'n aghoek aangelê is, word die Skotse digter en skrywer Robert Burns met 'n standbeeld vereer.
Dunedin pronk net soos Christchurch met lang sandstrande langs sy Pasifiese kuslyn. Die stad het op die heuwels en in die valleie rondom Otago Harbour ontstaan. Sowel die diep hawe asook die heuwels is van vulkaniese oorsprong. Die hawe, wat deur 'n langgestrekte skiereiland teen die branders van die Stille Oseaan beskerm word, is vroeër as 'n besonder veilige anker- en landingsplek beskou. Kolonies van witvlerkkoningalbatrosse en soms ook pikkewyne word deur die koeler klimaat van die omgewing gelok.
Sport
[wysig | wysig bron]Dunedin beskik met die Universiteit van Otago-ovaal oor 'n belangrike toetskrieketstadion. Die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan speel van sy tuiswedstryde in die stad. Die Universiteit van Otago-ovaal het onder andere wedstryde tydens die Krieketwêreldbeker 2015 gehuisves, terwyl Carisbrook tydens die Krieketwêreldbeker 1992 gebruik is.
In rugby word Dunedin tydens Superrugby deur die Highlanders verteenwoordig wat sy tuiswedstryde op die Forsyth Barr-stadion speel. Dié stadion is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2011 gebruik, terwyl tydens die Rugbywêreldbeker 1987 wedstryde op Carisbrook aangebied is. In Dunedin speel die All Blacks van hul tuiswedstryde op die Forsyth Barr-stadion.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) (mi) David Thorns, Ben Schrader (11 Maart 2010). "Civic coats of arms". Te Ara: The Encyclopedia of New Zealand. Besoek op 22 April 2025.
- ↑ (en) "Dunedin City". Statistiek Nieu-Seeland. Besoek op 22 April 2025.
- ↑ (en) "Geographic Boundary Viewer – Dunedin City". Statistiek Nieu-Seeland. 2025. Besoek op 22 April 2025.
- ↑ (en) "Total gross domestic product of the Otago Region, New Zealand". Figure NZ Trust. 2024. Besoek op 22 April 2025.
- ↑ (en) "Gross domestic product per capita of New Zealand regions – Year ended March 2024, NZD per person". Figure NZ Trust. 2024. Besoek op 22 April 2025.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dunedin.
- (en) Amptelike webwerf van Dunedin se stadsraad
- Ensiklopediese inligting
- (en) "Dunedin". Encyclopædia Britannica. Besoek op 22 April 2025.
- (en) (mi) Malcolm McKinnon (8 Mei 2009). "Otago places". Te Ara: The Encyclopedia of New Zealand. Besoek op 22 April 2025.
- (en) (mi) Malcolm McKinnon (8 Mei 2009). "Otago region". Te Ara: The Encyclopedia of New Zealand. Besoek op 22 April 2025.
- Toerisme
- (en) Toerisme-inligting oor Dunedin op Wikivoyage
- (en) Amptelike toerismewebwerf