Gaan na inhoud

Fonteinriet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Fonteinriet
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Monocotyledon
Klade: Commelinids
Orde: Poales
Familie: Restionaceae
Genus: Elegia
Spesie:
E. capensis
Binomiale naam
Elegia capensis
(Burm.f.) Schelpe, (1967)
Sinonieme
  • Elegia verticillaris (L.f.) Kunth
  • Equisetum capense Burm.f.
  • Restio verticillaris L.f.
  • Restio verticillatus Spreng.

Fonteinriet[1] (Elegia capensis (Burm.f.) Schelpe) is 'n restio wat voorkom in die Wes-Kaap en die suidweste van die Oos-Kaap. Op die SANBI-rooilys is die spesie, wat endemies aan Suid-Afrika is, as veilig (LC) gelys.[2]

Dit is 'n plant wat 3 m hoog kan word en 'n bietjie na bamboes lyk. Maar dit lyk ook soos 'n reusagtige perdestert, omdat elke knoop sommige naaldagtige sytakkies het. Daarom is dit oorspronklik as 'n Equisetum-spesie beskryf.[3]

Die plant kom veral in bergfynbos voor tot op 'n hoogte van 1600 m. Die manlike en die vroulike bloeisels is pluime wat 35 cm lank kan word. Die plant vorm wortelstokke wat sydelingse verspreiding kan veroorsaak. Na veldbrande sal die plant opnuut vanuit sy wortelstok opgroei.[3]

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ook: besemriet, katstert, kanet
  2. SANBI-rooilys.
  3. 3,0 3,1 "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]