Franz Marx
Franz Marx | |
Geboorte | 21 Maart 1942 |
---|---|
Sterfte | 26 September 2021 (op 79) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur, skrywer, regisseur en vervaardiger |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Franz Marx (21 Maart 1942 - 26 September 2021) was 'n Afrikaanse akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger.[1]
In 1969 het Kavalier Films 'n rolprent die lig laat sien wat op die lewe van die vroeëre legendariese Afrikaanse komponis Danie Bosman gegrond is. Franz Marx was in die titelrol. Ander spelers was Min Shaw (as Dorothy Bosman) en Fritz van Lingen (as Anton de Waal, 'n ander bekende in die Afrikaanse musiekwêreld van daardie tyd). Die regisseur was Elmo de Witt.
[2]
Dit was een van Marx se vroeë werke, wat sou uitloop op 'n formidabele reeks ander bydraes tot die Suid-Afrikaanse TV- en rolprentbedryf, waarvan die TV-sepie Egoli: Plek van Goud (as vervaardiger) stellig die bekendste is.
Filmografie
[wysig | wysig bron]Van die ander rolprente en TV-reekse waarin Marx as akteur te sien is:
- Jy is my liefling, 1968 (rolprent)
- Dr Kalie, 1968 as Harry
- Agter Elke Man, TV-reeks, (1985–1990).
- Verskeie ander
Regisseur
[wysig | wysig bron]Marx was die regisseur van die volgende rolprente:
- Netnou hoor die kinders, 1977
- Geel Trui vir 'n Wenner, 1983
- Die Prince van Pretoria, 1993
Vervaardiger
[wysig | wysig bron]Van die rolprente en TV-reekse wat Marx vervaardig het:
- Pasgetroud, rolprent
- Egoli: Plek van Goud, TV-reeks op M-Net, (1992–2010)
- Egoli (Afrikaners is plesierig), rolprent
- Verskeie ander
Skryfwerk
[wysig | wysig bron]- Spieëlbeeld, spanningsverhaal (Protea, 2017).
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Who's Who SA Geargiveer 18 April 2010 op Wayback Machine, besoek op 20 Junie 2010.
- ↑ IMBb: Danie Bosman: Die verhaal van die grootste S.A. komponis] https://www.imdb.com/title/tt2022368/