Gaan na inhoud

Ghaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Ghaap
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Gentianales
Familie: Apocynaceae
Genus: Hoodia
Spesie:
H. gordonii
Binomiale naam
Hoodia gordonii

Die plant ghaap (Hoodia gordonii) kom natuurlik in Suid-Afrika en Namibië voor. Dit is eeue lank deur Boesmans en Khoikhoi gebruik om hul eetlus te demp in tye van voedselskaarste met droogtes. Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) het die plant se aktiewe bestanddeel geïsoleer en dit aan die farmaseutiese bedryf beskikbaar gestel wat dit nou as 'n dieetpil bemark. Sedert 2002 betaal die WNNR gebruiksregte vir hierdie tradisionele kennis wat tot die ontwikkeling van die pil gelei het. Die geld word in 'n fonds gestort wat aangewend word vir die ontwikkeling van die Boesmangemeenskappe in Suider-Afrika.

Ghaap is 'n blaarlose vetplant en die blomme het 'n onwelriekende geur. Meesal word die plant bestuif deur vlieë. Die Boesmans noem die plant ǁhoba (uitspraak: kǁʰɔbɑ; die eerste klank is 'n laterale kliek).

Galery

[wysig | wysig bron]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]