Google Maps
Google Maps | |
---|---|
![]() | |
Tipe webblad | Kaarte |
Taal(e) | Engels |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | |
Huidige status | Aktief |
URL | http://maps.google.com/ |
Google Maps of Google Kaarte, voorheen bekend as Google Local, is 'n diens van Google Inc. wat dit moontlik maak om 'n soektog in 'n spesifieke geografiese gebied te doen. Soms wil mense die wye wêreld deursoek vir inligting, en soms wil hul net bv. 'n rekenaarwinkel naby hul huis vind. Die diens laat besoekers toe om 'n "WAT" (soos 'n pizza) en 'n "WAAR" (soos in Hatfield, Pretoria) vir 'n soektog te spesifiseer. Die doel van Google Maps is om mense te help om nabygeleë sake en bedrywighede te vind. Google Maps gee ook aanvullende inligting oor die plek, soos hulle webtuiste, bedryfsure, telefoonnommer en adres.
Kaartfoute
[wysig | wysig bron]Daar het al baie foute op Google Maps ingesluip. Een voorbeeld: 'n Kaartfout van omtrent 50 m (gemeet met "Geo Tools"). Dit kan groot probleme veroorsaak, omdat alle merkers wat vooraf geplaas is, nou op die verkeerde posisie aangedui word! As gebruikers die fout regstel, en Google Maps die kaart later opdateer, sal die inligting weereens verkeerd wees.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- WikiMapia, wiki-integrasie met Google Maps.
- OpenStreetMap