Gaan na inhoud

Intuitive Machines-2

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Intuitive Machines-2 (IM-2) was 'n maansending deur Intuitive Machines as deel van NASA se Commercial Lunar Payload Services (CLPS)-program.[1][2] Dit is op 27 Februarie 2025 om 00:16:30 UTC gelanseer. Die Nova-C-maanlander, genaamd Athena, het die oppervlak van die Maan op 6 Maart 2025, om 17:30 UTC, bereik. Kontak was tydelik verlore na die landingsproses; maar toe dit hervestig is, het dit aangedui dat die ruimtetuig nie in die korrekte oriëntasie is nie, en een van die twee radio-antennas werk nie, terwyl die ruimtetuig nie genoegsame krag genereer nie. Teen 7 Maart was Athena se krag heeltemal uitgeput en daar word nie verwag dat dit met die sending sal kan voort gaan nie.

Athena is ontwerp om die teenwoordigheid en hoeveelheid maanwaterys te ondersoek deur PRIME-1, 'n loonvrag wat uit 'n boor en massaspektrometer bestaan, te gebruik. Athena dra ook die Micro Nova Hopper genaamd Grace:[3] 'n hommeltuig toegerus met 'n neutronspektrometer wat bedoel is om die permanente skadugebied (PSR) van die Marston-krater, naby die beplande landingsplek, te verken. Die missie het ten doel om 'n oppervlakmeting van waterstof in die PSR te verskaf - 'n aanduiding van soliede waterys.[4][5]

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

IM-2 is die vierde missie in die CLPS-program, waarin NASA kommersiële verskaffers betaal om eksperimente na die Maan te stuur. Die eerste CLPS-poging was Peregrine deur Astrobotic Technology, wat in Januarie 2024 gelanseer is, maar kort ná lansering misluk het en nie die Maan bereik het nie.[6] Die tweede CLPS-sending was IM-1 deur Intuitive Machines in Februarie 2024, wat die Odysseus-lander op die Maan geplaas het, maar die landing was meer problematies as wat verwag is en die ruimtetuig het gekantel by landing. Die missie as 'n gedeeltelike sukses beskou.[6] 'n Derde CLPS-sending, die Blue Ghost-sending-1 deur Firefly Aerospace, het sonder probleme op 2 Maart 2025 geland. Die vierde sending, IM-2, is op 27 Februarie 2025 gelanseer en was dus reeds op pad toe die Blue Ghost-landing plaasgevind het.[1][2]

Hardeware

[wysig | wysig bron]

’n Bykomende CLPS-kontrak is in Oktober 2020 aan IM toegeken om ’n tweede Nova-C-lander naby die maan-suidpool te land. NASA het die landingsplek by 'n rif naby die Shackleton-krater aangewys, waar daar ys onder die oppervlak kan wees.[7] Na die problematiese landing van IM-1 is verskeie aanpassings gemaak, insluitend verbeterings aan die primêre laserafstandmeterstelsel, wat help om veranderlikes soos hoogte bo seespieël en horisontale snelheid te bepaal.[8]

Die primêre loonvrag, PRIME-1, sluit die TRIDENT-ysboor in om ys van onder die maanoppervlak te monster en die MSolo-massaspektrometer om die hoeveelheid ys in die monsters te meet.[9][10] ILO-1-hoofkontrakteur Canadensys werk daaraan om "'n vluggereed laekoste optiese loonvrag vir die ILO-1-sending te lewer, gehard vir die Maan-Suidpool-omgewing". Dit kon moontlik gereed wees vir integrasie op die IM-2-missie.[11]

Die MiniPIX TPX3 SPACE-loonvrag, verskaf deur die Tsjeggiese maatskappy ADVACAM, sal aan boord van die Nova-C-maanlander wees. Hierdie loonvrag is ontwerp om die stralingsveld op die Maan te monitor en te help verstaan hoe om bemanning en toerusting te beskerm teen die negatiewe uitwerking van kosmiese strale. Dit is die eerste Tsjeggiese loonvrag wat beplan word om na die maan se oppervlak gelewer te word.[12][13]

Tydens die missie sal IM ook 'n tweede voertuig, sy μNova (Micro-Nova) Hopper, ontplooi. Micro-Nova sal na landing van die Nova-C-lander skei en as 'n selfstandige hopperlander funksioneer, wat verskeie moeilik bereikbare gebiede soos diep kraters op die maanoppervlak verken,[14][15] deur hidrasienvuurpyle in beheerde sarsies af te vuur om homself kort afstande aan te dryf. Dit sal oor kraters spring op soek na maanys, wat water kan bevat wat noodsaaklik is vir toekomstige bemanningssendings na die Maan.[16] Waterys kan in vuurpyl dryfmiddel verwerk word of gebruik word om 'n permanente maanhabitat in die toekoms te ondersteun. Micro-Nova word ook beplan om die eerste foto's van binne kraters by die maan suidpool te neem en sal 'n 1-kilogram loonvrag vir meer as 25 kilometer kan dra. Die hopper sal gebiede met permanente skadu verken en kan "in 'n lawa-buis invlieg en beelde teruggee", volgens IM-medestigter en CTO Tim Crain.[17][18]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 David, Leonard (12 September 2024). "Ice-hunting Lunar Trailblazer and IM-2 nearly ready for January 2025 launch". SpaceNews. Besoek op 12 September 2024.
  2. 2,0 2,1 "Launch of Intuitive Machines' Athena lander is targeted for no earlier than late February". intuitivemachines.com. 7 Januarie 2025.
  3. "IM-2". intuitivemachines.com (in Engels). Besoek op 27 Februarie 2025.
  4. David, Leonard (14 Junie 2024). "Moon ice in the Artemis era: what we still don't know". spacenews.com (in Engels). Besoek op 16 Junie 2024.
  5. "NASA, Intuitive Machines Announce Landing Site Location for Lunar Drill". nasa.gov (in Engels). 3 November 2021. Besoek op 16 Junie 2024.
  6. 6,0 6,1 "Intuitive Machines calls IM-1 a successful moon-landing mission". mynews13.com (in Engels). Besoek op 9 Mei 2024.
  7. Hilary Smith (3 November 2021). "NASA, Intuitive Machines Announce Landing Site Location for Lunar Drill". nasa.gov. NASA. Besoek op 10 Mei 2024. Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
  8. Aria Alamalhodaei (21 Maart 2024). "Intuitive Machines' second moon mission on track for 2024". techcrunch.com. Besoek op 10 Mei 2024.
  9. "Intuitive Machines 2 (PRIME 1)". nssdc.gsfc.nasa.gov. NASA. Besoek op 9 Mei 2024. Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
  10. Katherine Brown (16 Oktober 2020). "NASA Selects Intuitive Machines to Land Water-Measuring Payload on the Moon". nasa.gov. NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2020. Besoek op 15 November 2020. Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
  11. "The ILO Mission – ILOA Hawai'i" (in Engels). 7 April 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2021. Besoek op 22 September 2023.
  12. "Advacam – MiniPIX TPX3 Space". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2023. Besoek op 2 November 2023.
  13. "LSU's Tiger Eye-1 to Monitor Radiation Environment in Deep Space". 4 Mei 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2022. Besoek op 2 November 2023.
  14. "Intuitive Machines to Deploy and Operate First Lunar Communication Satellite in 2022". intuitivemachines.com. Intuitive Machines. 21 Junie 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2021. Besoek op 22 Junie 2021.
  15. "Lunar Services – Getting Around – Extreme Lunar Surface Mobility". intuitivemachines.com. Intuitive Machines. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2021. Besoek op 22 Junie 2021.
  16. "An inside look at Nokia's Moon mission". nokia.com. Nokia. 25 Julie 2023. Besoek op 30 April 2024.
  17. Keith Cooper (8 Januarie 2023). "What is Intuitive Machines and how is it aiming for the moon?". space.com. Besoek op 10 Mei 2024.
  18. "Intuitive Machines and NASA Finalize Contract for Extreme Lunar Mobility Spacecraft". intuitivemachines.com. Intuitive Machines. 21 Julie 2021. Besoek op 10 Mei 2024.