Kaboel
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Provinsie | Kaboel |
Koördinate | 34°31′59″N 69°09′58″O / 34.53306°N 69.16611°O |
Stigting | 5de eeu v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 425 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 790 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2025) | 7 175 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 18 278/vk km |
Tydsone | UTC+04:30 |
Burgemeester | Mohammad Yunus Noandesh |
Amptelike webwerf | km.gov.af |
Kaboel (Persies: کابل; Pasjtoe: کابل, geromaniseer: Kâbəl, [kɑˈbəl]; Dari: کابل, geromaniseer: Kābul, [kɑːˈbʊl]) is die hoofstad en grootste stad van Afghanistan, geleë in die ooste van die land. Dit is ook 'n munisipaliteit wat deel uitmaak van die groter provinsie Kaboel en in 22 distrikte verdeel is. Volgens beramings in 2025 is die bevolking van Kaboel 7,175 miljoen,[1] wat al die belangrikste etniese groepe van Afghanistan insluit.[2] Kaboel is die enigste stad in Afghanistan met meer as 1 miljoen inwoners en dit dien as sy politieke, kulturele en ekonomiese sentrum.[3][4] Die vinnige verstedeliking het van Kaboel die 75ste grootste stad ter wêreld gemaak.[5]
Kaboel is hoog in 'n nou vallei tussen die Hindoekoesjberge geleë, met 'n hoogte van 1790 meter wat dit een van die hoogste hoofstede ter wêreld maak. Die stad is na bewering meer as 3 500 jaar oud en die eerste verwysings dateer uit die tyd van die Achaemenidiese Ryk genoem word. Dit is geleë op kruispad in Asië – ongeveer halfpad tussen Istanbul in die weste en Hanoi in die ooste – op 'n strategiese plek langs die handelsroetes van Suid- en Sentraal-Asië en dit was 'n belangrike plek langs die antieke Syroete.[6] Dit was deel van die Achaemenidiese Ryk, gevolg deur die Seleukidiese Ryk, Maurydinastie, Koesjane, Kaboel Shahi's, Saffarides, Samanides, Ghaznavids, Ghuriddinastie, Khwarazmdinastie, Qarlughids, Khaljidinastie, Timoeriede, Mongoolse Ryk, Mogolryk en Hotaks, totdat dit uiteindelik deel geword het van die Durrani-ryk (ook bekend as die "Afghaanse Ryk") in 1747.[7] Kaboel het in 1776, tydens die bewind van Timur Shah Durrani, die seun van Ahmad Shah Durrani, die hoofstad van Afghanistan geword.
In die vroeë 19de eeu het die Britte die stad beset, maar nadat hulle buitelandse betrekkinge aangeknoop het, moes hulle alle magte uit Afghanistan onttrek. Die stad is in 1979 deur die Sowjetunie beset, maar ook hulle het dit laat vaar nadat die Geneefse ooreenkoms van 1988 onderteken is. 'n Burgeroorlog in die negentigerjare tussen verskillende rebellegroepe het 'n groot deel van die stad vernietig, wat tot baie slagoffers gelei het.[8] Sedert laat 2001 is die stad voortdurend herbou.[9]
Kaboel is bekend vir sy tuine, basaars en paleise,[10][11][12] bekende voorbeelde is die tuine van Babur en Darul Aman-paleis. Dit was voorheen ook 'n mekka vir jong westerse hippies.[13][14] Ondanks gereelde terroriste-aanvalle in die stad, hoofsaaklik deur opstandelinge van die Taliban, gaan die stad voort om te ontwikkel en was dit die vyfde vinnigste groeiende stad ter wêreld vanaf 2012.[15][16]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Afghanistan". Central Intelligence Agency. Besoek op 30 Mei 2025.
- ↑ (en) "2003 National Geographic Population Map" (PDF). Thomas Gouttierre, Center For Afghanistan Studies, University of Nebraska at Omaha; Matthew S. Baker, Stratfor. National Geographic Society. November 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008. Besoek op 27 Junie 2010.
- ↑ (en) "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2020. Besoek op 13 Januarie 2021.
- ↑ https://ethz.ch/content/dam/ethz/special-interest/gess/cis/center-for-securities-studies/resources/docs/USIP-pw126_kabul-and-the-challenge-of-dwindling-foreign-aid.pdf
- ↑ (en) "Largest cities in the world and their mayors – 1 to 150". City Mayors. 17 Mei 2012. Besoek op 17 Augustus 2012.
- ↑ (en) "Afghanistan: The Heart of Silk Road in Asia". thediplomat.com. Besoek op 26 November 2019.
- ↑ (en) Nancy Hatch Dupree / Aḥmad ʻAlī Kuhzād (1972). "An Historical Guide to Kabul – The Story of Kabul". American International School of Kabul. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2010. Besoek op 18 September 2010.
- ↑ (en) "History of Kabul". Lonely Planet. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019. Besoek op 27 Maart 2013.
- ↑ (en) Bergen, Peter (4 Maart 2013). "What Went Right?". foreignpolicy.com. Besoek op 26 November 2019.
- ↑ (en) Gopalakrishnan, Raju (16 April 2007). "Once called paradise, now Kabul struggles to cope". Reuters.
- ↑ (en) Abdul Zuhoor Qayomi. "Kabul City: Isn't just capital of Afghanistan but of palaces as well – Afghanistan Times". Afghanistan Times.
- ↑ (en) Sayed A Azimi. "Reversing Kabul's Environmental Setbacks". www.linkedin.com.
- ↑ (en) Dateline Mongolia: An American Journalist in Nomad's Land by Michael Kohn
- ↑ (de) ""Mein Kabul": ORF-Reporterlegende Fritz Orter präsentiert im "Weltjournal" "seine Stadt" – am 31. August um 22.30 Uhr in ORF 2". OTS.at.
- ↑ (en) "World's fastest growing urban areas (1)". City Mayors. 17 Mei 2012. Besoek op 17 Augustus 2012.
- ↑ (en) "Kabul: A City With 2 Faces". thediplomat.com. Besoek op 26 November 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kaboel.
- (en) Toerisme-inligting oor Kaboel op Wikivoyage
- (fa) (ps) Amptelike webwerf
- (en) "Kabul". Encyclopædia Britannica. Besoek op 30 Mei 2025.