Kransduif
Kransduif | |
---|---|
Op Tafelberg, Kaapstad, Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. guinea
|
Binomiale naam | |
Columba guinea |
Die kransduif (Columba guinea) is 'n duif wat in groot dele van Afrika suid van die Sahara voorkom. Die kransduif het in groot getalle van sy oorspronklike habitat van steil kranse en berge na die dorpe en stede beweeg waar hy saam met die wildeposduif woon. Daar word vermoed dat die twee genera soms kruisteel.[1] Daar heers onsekerheid oor die redes vir hul habitatuitbreiding na die stede, maar die hoë toringgeboue verskaf genoeg hoekies en lysies vir nesmaak en kom ruweg met die rotswande van hul natuurlike omgewing ooreen.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]
Dit is 'n groot duif met 'n lengte van 41 cm. Die rooibruin rug, witgespikkelde vlerke en blougrys kruis is kenmerkend. Die kop is grys, en naby kan 'n rooierige, kaal vel rondom die oë gesien word. Die nek is bruin, met wit strepe, en die bene is rooi. Die roep is 'n doe-doe-doe. Die geslagte lyk eenders, maar onvolwassenes is bruiner as volwassenes.
Nes
[wysig | wysig bron]Hierdie spesie bou 'n groot stokkiesnes in 'n boom of op die lys van 'n krans of gebou, waarin twee wit eiers gelê word.
Gedrag en voeding
[wysig | wysig bron]Die vlug is vinnig, met gereelde slae, en by geleentheid 'n skerp flik van die vlerke wat kenmerkend is van duiwe in die algemeen. Die kransduif se kos is groente en hulle versamel in groot getalle waar graan of grondbone beskikbaar is.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
In vlug in Damaraland, Namibië
-
Kaapse broeipaar met 'n pronkende mannetjie
-
Paring in Damaraland, Namibië
-
Twee eiers in 'n museumversameling
-
Op die nes met 'n kuiken in Kaapstad
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Die Suid-Afrikaanse Voëlgids (4de uitgawe), John Sinclair, John Mendelsohn, 1987. p.14
Bronne
[wysig | wysig bron]![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Columba guinea. |
- BirdLife International (2004). Columba guinea. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 8 Mei 2006. Databasisinskrywing sluit regverdiging in waarom hierdie spesie van die minste kommer is.
- Birds of The Gambia deur Barlow, Wacher en Disley, ISBN 1-873403-32-1