Moraea gigandra
Voorkoms
Grootflappie | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Monocotyledon |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. gigandra
|
Binomiale naam | |
Moraea gigandra L.Bolus, (1927)
|
Moraea gigandra is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die renosterveld is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot by Porterville voor. Die plant het tans 'n voorkomsgebied van 189 km² en het 95% van sy habitat afgestaan aan graan verbouing. Indringerplante is ook 'n bedreiging.
Die soort verskil van die meeste ander Moraea spp. in dié opsig dat sy helmknoppe aansienlik langer en groter is as die styllobbe. In die ander spesies is dit deurgaans net andersom.[1]
Bronne
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ J.W. Loubser (1970). "'n Oorblyfsel van 'n verlore flora". Veld & Flora. 56 (1).