Neil Young
Neil Young | |
---|---|
![]() Neil Young in 2016 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Neil Percival Young |
Ook bekend as | Godfather of Grunge, Bernard Shakey, Joe Yankee |
Gebore | 12 November 1945 Toronto, Ontario, Kanada |
Oorsprong | Winnipeg, Manitoba, Kanada |
Genres | Folk rock, rock, country |
Beroep(e) | Sanger-liedjieskrywer, film regisseur, draaiboekskrywer |
Instrumente | Stem, kitaar, mondfluitjie, sintetiese klavier |
Jare aktief | 1963 – hede |
Etikette | Warner Bros. Records, Reprise, Atco Records, Atlantic Records Group, Geffen |
Assosiasies | Crazy Horse, The Squires, The Mynah Birds, Buffalo Springfield Crosby, Stills, Nash & Young The Stills-Young Band |
Webwerf | neilyoungarchives |
Neil Percival Young OC OM[1][2] (gebore 12 November 1945) is 'n Kanadese en Amerikaanse[3] sanger-liedjieskrywer. Nadat hy in die 1960's 'n musiekloopbaan in Winnipeg begin het, het Young na Los Angeles verhuis en by die folk rock-groep Buffalo Springfield aangesluit. Sedert die begin van sy solo-loopbaan, dikwels gerugsteun deur die groep Crazy Horse, het hy bekroonde albums vrygestel soos Everybody Knows This Is Nowhere (1969), After the Gold Rush (1970), Harvest (1972), On the Beach (1974), en Rust Never Sleeps (1979). Hy was ook 'n deeltydse lid van Crosby, Stills, Nash & Young, saam met wie hy die 1970-album Déjà Vu opgeneem het.
Young se kitaarwerk, diep persoonlike lirieke[4][5][6] en kenmerkende hoë tenoor sangstem[7][8] definieer sy lang loopbaan. Hy speel ook klavier en mondharmonika op baie albums, wat gereeld folk, rock, country en ander musiekgenres kombineer. Sy dikwels verwronge elektriese kitaarspel, veral met Crazy Horse, het hom die bynaam "Godfather of Grunge"[9] besorg en gelei tot sy 1995-album Mirror Ball with Pearl Jam. Meer onlangs is hy gesteun deur Promise of the Real.[10]
Young het rolprente geregisseer (of saam geregisseer) met die skuilnaam "Bernard Shakey", insluitend Journey Through the Past (1973), Rust Never Sleeps (1979), Human Highway (1982), Greendale (2003), CSNY/Déjà Vu (2008) en Harvest Time (2022). Hy het ook bygedra tot die klankbane van die films Philadelphia (1993) en Dead Man (1995).
Young het verskeie Grammy- en Juno-toekennings ontvang. Die Rock and Roll Hall of Fame het hom twee keer opgeneem: in 1995 as 'n solo-kunstenaar en in 1997 as 'n lid van Buffalo Springfield.[11] In 2023 het Rolling Stone Young nr. 30 op sy lys van die "250 grootste kitaarspelers van alle tye" geplaas.[12] Young is ook op Rolling Stone se lys van die 100 grootste musikale kunstenaars, en 21 van sy albums en enkelsnitte is gesertifiseer as goud of platinum in die VSA.[13] Young is in 2006 bekroon met die Orde van Manitoba[2] en is in 2009 'n Offisier van die Orde van Kanada gemaak.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Governor General Announces 57 New Appointments to the Order of Canada". Office of the Secretary to the Governor General. 30 Desember 2009. Besoek op 30 Desember 2009.
- ↑ 2,0 2,1 "Lieutenant Governor's Awards". Lieutenant Governors Office of Manitoba. 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2006. Besoek op 26 Januarie 2010.
- ↑ Henderson, Cydney. "Canadian Rocker Neil Young Is Officially a U.S. Citizen: 'I'm Proud to Be a Canarican'". USA TODAY (in Engels (VSA)). Besoek op 10 Maart 2023.
- ↑ "Neil Young's Passionate Guitar Playing Sparks Rock Arena". Los Angeles Daily News. 14 September 1993.
- ↑ Brinn, David (30 Mei 2006). "Disc Reviews". The Jerusalem Post. Besoek op 28 Julie 2009.
- ↑ Surkamp, David (15 September 1992). "Internal Fire from Neil Young Lights the Stage". St. Louis Post-Dispatch. p. 4D.
- ↑ Miller, Edward (2003). "The Nonsensical Truth of the Falsetto Voice: Listening to Sigur Rós". Popular Musicology Online. ISSN 1357-0951. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2012. Besoek op 26 Mei 2010.
- ↑ Sinclair, Scott (4 April 2009). "Neil Young – Fork in the Road". Popular Musicology Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2009. Besoek op 26 Mei 2010.
- ↑ Echard 2005, p. 43.
- ↑ "Young and the Restless: Neil Young on Promise of the Real, Paul McCartney and Telling an Earth Story". Relix Media. 24 Januarie 2017.
- ↑ "Rock and Roll Hall of Fame Inductee-List". The Rock and Roll Hall of Fame and Museum. 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2010. Besoek op 26 Januarie 2010.
- ↑ "The 250 Greatest Guitarists of All Time". Rolling Stone (in Engels (VSA)). 13 Oktober 2023. Besoek op 14 Oktober 2023.
- ↑ "Neil Young". RIAA.