Sambreelden
Sambreelden Kroonden | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Pinophyta |
Klas: | Pinopsida |
Orde: | Pinales |
Familie: | Pinaceae |
Genus: | Pinus |
Spesie: | P. pinea
|
Binomiale naam | |
Pinus pinea L. (1782)
| |
![]() | |
oorpronklike verspreiding antieke verbouing en naturalisering Italiaanse dennewoude / pinete |
Die sambreelden (Pinus pinea) is 'n keëldraende boom en matige indinger wat tot 30 m hoog kan word. Die spesie is inheems aan Albanië, die Baleariese Eilande, oos Egeïese eilande, Frankryk, Griekeland, Italië, Korsika, Kreta, Libanon, Portugal, Sirië, Sisilië, Siprus, Spanje en Turkye.
Dit is ook 'n opvallende spesie in Kaapstad en omgewing, en is reeds in antieke tye in die Mediterreense streek ingevoer. Dit is deur vroeë setlaars na die Kaapse Skiereiland gebring, en daar is ook 'n geïsoleerde groep net suid van Lesotho. Die boom staan ook bekend as die kroonden.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die boom groei in bergfynbos en grasveld. Die bas is rooierig en diep gegroef. Die blare is naaldagtig en word in pare gedra. Die vroulike keëls word ryp tot hul eindelik grys is. Die saad word deur die gryseekhoring en mense geëet.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Keël en naalde
-
'n Droë keël met sade
-
Diep gegroefde en rooierige bas
-
'n Ontkiemende plant
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Butchart, Duncan: Natuurlewe van Suid-Afrika, Struik Nature. 2012. ISBN 978-1-4317-0248-0
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sambreelden.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Sambreelden
- IUBN Rooilys veilige spesies
- Indringerplante
- Pinus
- Flora van Albanië
- Flora van die Baleariese Eilande
- Flora van die Egeïese eilande
- Flora van Frankryk
- Flora van Griekeland
- Flora van Italië
- Flora van Korsika
- Flora van Kreta
- Flora van Libanon
- Flora van Portugal
- Flora van Sirië
- Flora van Sisilië
- Flora van Siprus
- Flora van Spanje
- Flora van Turkye