Gaan na inhoud

Ruhnu

Koördinate: 57°48′N 23°15′E / 57.800°N 23.250°O / 57.800; 23.250
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ruhnu
Lugfoto van Ruhnu
Lugfoto van Ruhnu
Geografie

Ligging Golf van Riga, Oossee
Koördinate 57°48′N 23°15′E / 57.800°N 23.250°O / 57.800; 23.250

Oppervlakte 11,9 vk km

Administrasie
Vlag van Estland Estland

Demografie
Bevolking 136

Ruhnu (Sweeds: Runö; Lets: Roņu sala; Lyfs: Rūnõmō) is ’n Estniese eiland in die Golf van Riga in die Oossee. Die eiland het ’n oppervlakte van 11,9 vierkante kilometer en vorm administratief deel van die Saaremaa provinsie.

Hoewel dit aan Estland behoort, lê Ruhnu geografies nader aan die Koerlandse kus op die vasteland van Letland as aan enige ander deel van Estland self. Met minder as 150 amptelike inwoners het Ruhnu vald (die plaaslike gemeente) die kleinste bevolking van al Estland se 79 munisipaliteite.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die eerste argeologiese artefakte van menslike aktiwiteit op Ruhnu, waarskynlik verwant aan seisoenale robbejag, dateer uit ongeveer 5000 v.C. Die tyd van aankoms van die eerste Skandinawiërs op die eiland en die begin van 'n permanente Sweeds-sprekende nedersetting is onbekend. Dit het waarskynlik nie voor die Noordelike Kruistogte aan die begin van die 13de eeu plaasgevind nie — toe die inheemse volke van al die gebiede rondom die Golf van Riga tot Christendom bekeer en aan die Teutoniese Orde onderwerp is.

Die eerste gedokumenteerde verwysing na die eiland Ruhnu en sy Sweedse bevolking verskyn in ’n brief van 1341 wat deur die Biskop van Koerland gestuur is. In dié brief is die eilandbewoners se reg bevestig om daar te woon en hul eiendom volgens Sweedse wet te bestuur.

Ruhnu was onder die beheer van die Koninkryk van Swede van 1621 tot 1708, en formeel tot 1721. Daarna het dit onder die Russiese Ryk geval tot en met die Eerste Wêreldoorlog, toe dit tussen 1915 en 1918 deur die Imperiale Duitse magte beset is.

Na die Eerste Wêreldoorlog, ondanks sommige plaaslike inisiatiewe om weer by Swede aan te sluit, en territoriale aansprake deur Letland, het die eilandbewoners in 1919 ingestem om deel van die pas onafhanklike Estland te word — moontlik vanweë die bestaan van ’n Sweeds-sprekende minderheid in Estland.[1]

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Ruhnu, saam met die res van Estland, eers deur die Sowjetunie beset (1940–1941), en daarna deur Nazi-Duitsland (1941–1944). In November 1943 het die eerste groep van sowat 75 eilandbewoners na Swede geëmigreer. In Augustus 1944, kort voor die Rooi Leër van die Sowjetunie Estland weer herbeset het, het die oorblywende bevolking van die eiland per skip na Swede gevlug.[2]

Gedurende die tydperk van Sowjet-besetting ná 1944 is die eiland weer herbevolk deur Estlandse burgers en het dit ook 'n eenheid van die Sowjet-lugverdedigingsmagte gehuisves.[3]

Vervoer

[wysig | wysig bron]

Ruhnu word bedien deur die Ruhnu-vliegveld, met gereelde vlugte vanaf Pärnu en Kuressaare tussen Oktober en April. Passasiersveerbote vaar tussen Mei en Oktober vanaf Pärnu, Roomassaare en Munalaid.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Ķibilds, Mārtiņš (25 Mei 2018). "Ruhnu rumpus: How the tiny Baltic island came under Estonian control". Public Broadcasting of Latvia. Latvijas Televīzija. Besoek op 27 Mei 2018.
  2. "Departure of the Ruhnu Swedes". Eesti Entsüklopeedia. Besoek op 13 Mei 2025.
  3. "Ruhnu during the Soviet period". Eesti Entsüklopeedia. Besoek op 13 Mei 2025.
  4. "WELCOME TO RUHNU!". Ruhnu Vald. Besoek op 13 Mei 2025.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]