Gaan na inhoud

Sigma (onderneming)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sigma Corporation
Kabushiki kaisha Shiguma
株式会社シグマ
TipeKabushiki kaisha (privaat aandelemaatskappy volgens Japannese reg)
Gestig9 September 1961
Hoofkantoor
Asao-ku, Kawasaki, Kanagawa
,
Gebied bedien
wêreldwyd
Sleutelpersone
Kazuko Yamaki
(hoof uitvoerende beampte)
ProdukteDigitale kameras, objektiewe, flitsligte en ander fotografiese toebehore
Inkomste33,4 miljard ¥ (2014)
Aantal werknemers
1 135 (2014)
FilialeFoveon
Webwerfsigma-photo.co.jp

Sigma (Japannees: Kabushiki kaisha Shiguma 株式会社シグマ) is 'n Japannese familie-onderneming wat onder die wêreld se voorste vervaardigers van digitale kameras, objektiewe, flitsligte en ander fotografiese toebehore gereken word. Sigma het internasionaal veral bekendheid verwerf as die wêreld se grootste onafhanklike vervaardiger van objektiewe.

Die onderneming is in 1961 in Setagaya deur Michihiro Yamaki gestig wat tot sy afsterwe in die ouderdom van 78 in 2012 as Sigma se hoof uitvoerende beampte gedien het. Sigma se produkte word uitsluitlik in die onderneming se Aizu-aanleg in Bandai in die Japannese prefektuur Fukushima vervaardig. Naas sy hoofkwartier in Kawasaki (prefektuur Kanagawa) het Sigma oorsese filiale in die Verenigde State, Hongkong, Singapoer, Duitsland, Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Nederland.