Slinger (vis)
Voorkoms
Slinger | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Perciformes |
Familie: | Sparidae |
Genus: | Chrysoblephus |
Spesie: | C. puniceus
|
Binomiale naam | |
Chrysoblephus puniceus (Gilchrist & Thompson, 1908)
|
Die Slinger (Chrysoblephus puniceus) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. In Engels staan die vis bekend as slinger seabream.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis is roserig of pienk van kleur met 'n blou strepie onder elke oog. Dit kan tot 40 cm lank word en weeg dan 4 kg.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis kom voor in koraal- en rotsriwwe in water wat 20 –130 m diep is. Hulle word ook gesien saam met die Selakant by Sodwanabaai. Die onvolwasse vissies kom water wat 12 – 60 m diep is voor. Hule eet krappe, garnale, vis en soöplankton. Die wyfies skiet kuit gedurende die somer aan die KwaZulu-Natal kuslyn.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bronne
[wysig | wysig bron]- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0