Strepie
Strepie | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Perciformes |
Familie: | Sparidae |
Genus: | Sarpa |
Spesie: | S. salpa
|
Binomiale naam | |
Sarpa salpa (Linnaeus, 1758)
|
Die strepie (Sarpa salpa) is 'n vis wat aangetref word aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus, maar ook noordwaarts tot in die Middellandse See. Aan die suidkus staan dit onder meer ook as die mooinooientjie bekend. In Suid-Afrikaanse Engels word dit strepie, bamboo-fish of stinkfish genoem.[1]
Verspreiding
[wysig | wysig bron]In die suide word dit veral aangetref vanaf Kaapstad tot by Maputo, maar noordwaarts is dit ook plek-plek te vinde langs die wes-Afrikaanse kuslyn tot in die Middellandse See.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis is silwer van kleur met 8-10 geel strepies oor die sye van die vis. Die gemiddelde groote van die vis is 20 cm maar kan tot 30 cm/1.3 kg groot word.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis hou meer in die vlak water en in getypoele en seegras-beddings in strandmere. Hulle word normaalweg manlik gebore en verander hul geslag na vroulik na ongeveer twee jaar. Hulle skiet kuit van April tot September in KwaZulu-Natal.
Benutting
[wysig | wysig bron]Die vis is eetbaar wanneer dit nog vars is, maar word hoofsaaklik gebruik vir aas.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ mooi nooitje, noun phrase, DSAE Dictionary of South African English
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7