Suurvy
Voorkoms
Suurvy | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Carpobrotus |
Spesie: | C. edulis
|
Binomiale naam | |
Carpobrotus edulis | |
Sinonieme | |
|
Die Suurvy (Carpobrotus edulis) is 'n plant wat aan die suidkus van Suid-Afrika voorkom en word tot 8 cm groot. Dit staan ook bekend as die hotnotsvy, ghoenavy of perdevy. Dit is 'n rank sukkulent met dik, vlesige blare wat met ouderdom houtagtig word. Die blomme is geel en verbleik tot ligpienk tussen Augustus en Oktober. Die blomme is 'n trekpleister vir insekte. Die blaarsap verlig bloublasie- en jellievissteke. Die plant groei op duine; dit is 'n goeie stabiliseerder van duine.
Die plant het ook twee subspesies:[1]
- Carpobrotus edulis subsp. edulis
- Carpobrotus edulis subsp. parviflorus Wisura & Glen
Sy beweidingskapasiteit is klein:
EIW | SWIW | LnregWIW | |
---|---|---|---|
Weidingsindekswaarde[2] | 1 | 2.3 | 1.41 |
Galery
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Carpobrotus edulis. |