Swarthout
Swarthout | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Acacia |
Spesie: | A. melanoxylon
|
Binomiale naam | |
Acacia melanoxylon R.Br., (1813)
| |
![]() | |
Verspreidings-kaart | |
Sinonieme | |
Swarthout (Acacia melanoxylon) word wêreldwyd as een van die belangrikste Australiese akasiasoorte vir die maak van meubels beskou.
Nut
[wysig | wysig bron]Hierdie inheemse boom van die ooste van Australië en die hele eiland Tasmanië het besonder mooi en duursame hout. Daarom word dit graag in die meubelindustrie gebruik. Ook dien die immergroen boom as sierplant en skaduboom in tuine. Weens die donker kleur van die hout en die fyn draad daarvan word dit gebruik in dekoratiewe fineer-, houtsnee- en inlegwerk soos byvoorbeeld by kitare. Vir handelsdoeleindes word dit aangeplant in plantasies in ons kusstreke.
Groei
[wysig | wysig bron]Onder ideale klam en koel toestande kan die boom 20 m hoog en 1½ m in deursnee bereik. Dit is snelgroeiend, het kronkelige stingels, ‘n digte silindriese kroon, roomwit donserige blomme wat soms dwarsdeur die jaar verskyn. En dit lewer baie sade in peule wat gewild is by voëls. Daarom word die saad wyd versprei. Daarby het die boom die vermoë om wortellote te vorm. Weens sy geweldige groei- en aanteelkrag is die fynbos en graslande nie teen die swarthout bestand nie.
Onkruid
[wysig | wysig bron]In 1848 is die boom in Kaapstad ingevoer, kort nadat die eerste Australiese akasias waarskynlik in 1845 aangeplant is. Soos die rooikrans en die Portjackson het die boom hom gou in die kusstreke tuisgemaak. Vanaf 1856 is dit op groot skaal in die omgewing van Knysna aangeplant. Nou is die indringerplant oor groot gebiede van die land versprei: van die Cederberge, oor die Kaapse Skiereiland, ooswaarts langs die kus van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal en in sekere dele van Mpumalanga en Limpopo. Dit het ontaard in ‘n aggressiewe indringer in die inheemse woude en veral op die woudrande en rivieroewers. Met die Wet op Bewaring van Landbouhulpbronne (1983) is die swarthout tot indringerplant verklaar.
Beheer
[wysig | wysig bron]Aangesien akasiasoorte soos swarthout gewoonlik weer uitloop nadat dit afgekap is en chemiese onkruiddoders nie altyd doeltreffend is by alle akasiaspesies nie, bly beheer ‘n probleem. Groot sukses is egter al behaal met sekere insekte wat die sade van die swarthout aanval.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Acacia melanoxylon R. Br. ex Ait. f. - blare en sade
-
Acacia melanoxylon R. Br. ex Ait. f. - sade
Sien ook
[wysig | wysig bron]![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Acacia melanoxylon. |
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bibliografie
[wysig | wysig bron]- homewood.co.za/more-about-blackwood/
- invasives.org.za/fact-sheet/australian-blackwood/
- knysnawoodworkers.co.za/articles/characteristics-of-our-indigenous-trees/blackwood-acacia-melanoxylon/
- rarewoods.co.za/species/blackwood-knysna/
- wood-database.com/australian-blackwood/
- Vermeulen, Wessel: Vriend en vyand. In: Conserva. Departement van Omgewingsake. Junie 1987, deel 2, nr. 3. ISSN 0258-3313