TASCAM
Voorkoms
![]() | |
Tipe | Dogtermaatskappy |
---|---|
Gestig | 1971 |
Hoofkantoor | , |
Ouer | TEAC Corp., Tokio, Japan |
Webwerf | TASCAM |
TASCAM (amptelike skryfwyse) is die professionele klankafdeling van die Japannese TEAC Corporation[1] wat sy hoofkwartier in Montebello in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië het.


Tascam het bekendheid verwerf in professionele oudiokringe as die ontwikkelaar van PortaStudio, die eerste kassetbandgebaseerde multibaanopnemer vir tuisateljees. Die onderneming het daarnaas die eerste massavervaardigde laekoste-multibaanopnemer met Simul-sync-sinchronisasie ontwikkel wat op musici gemik was wat self opnames in tuisateljees wou maak. Ander oudioprodukte, wat deur Tascam vervaardig is, het bandopnemers en klankmengers vir tuisopnemers ingesluit wat vanaf die vroeë 1970's tot en met die middel van die 1990's bemark is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "tascam.com: About TASCAM. Besoek op 22 Maart 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2017. Besoek op 22 Maart 2017.