Gaan na inhoud

Tsintsabis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Kerk in Tsintsabis.

Tsintsabis is ‘n nedersetting in die noorde van Namibië.

Die dorpie is by 18° 46′ suid, 17° 58′ oos, aan die Omuramba Ovambo en aan die M75/C83-pad. Dit is in die Oshikoto-streek, ‘n 65 km noordoos van Tsumeb, oos van Namutoni en Oshivelo. Dit is op die Rooilyn, 1100 m bo seespieël en dit kry ‘n gemiddelde reënval van 530 mm per jaar.

Op hierdie voormalige plaas van 3000 ha was tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog ‘n krygsgevangenekamp gevestig. Teenswoordig word die dorpie bewoon deur ‘n 4000 San, maar daar is ook ‘n beduidende aantal inwoners bekend as Damaras en Ovambo’s. Daar is ‘n skool, kerk en polisiekantoor. Armoede en alkoholmisbruik is ‘n heersende probleem.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • liverpooluniversitypress.co.uk/doi/10.3828/idpr.2024.18
  • tracks4africa.co.za/listings/item/w139352/tsintsabis-old-sadf-military-base/