Gaan na inhoud

Xabi Alonso

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Xabi Alonso
Persoonlike inligting
GeboortenaamXabier Alonso Olano[1]
Geboortedatum25 November 1981 (1981-11-25) (43 jaar oud)
GeboorteplekTolosa, Spanje
Lengte1,83 m[2]
SpeelposisieMiddelveldspeler
Klubinligting
Huidige klubBayer Leverkusen (afrigter)
Jeugloopbaan
Antiguoko
Real Sociedad
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
1999–2000Real Sociedad B39(2)
2000–2004Real Sociedad114(9)
2000–2001Eibar (leen)14(0)
2004–2009Liverpool143(15)
2009–2014Real Madrid158(4)
2014–2017Bayern München79(5)
Totaal547(35)
Nasionale span
2000Spanje o/181(0)
2002–2003Spanje o/219(0)
2001–2012Baskeland5(0)
2003–2014Spanje114(16)
Spanne bestuur
2019–2022Real Sociedad B
2022–Bayer Leverkusen
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).

Xabier Alonso Olano, kortweg Xabi Alonso (gebore op 25 November 1981 in Tolosa) is 'n Spaanse sokkerafrigter en voormalige speler wat in die Baskeland gebore is. As speler is hy veral bekend vir sy tyd by Liverpool, Real Madrid en Bayern München. Sedert 2022 rig hy Bayer Leverkusen af ​​in die Duitse Bundesliga, waar hy onder meer die span na die Bundesliga-titel in 2024 gelei het.[3]

Xabi Alonso het protes aangeteken teen die gebruik van Vuvuzelas en gevra dat dit verban moet word. Die versoek het egter op dowe ore geval en FIFA het besluit om dit wel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 toe te laat.[4]

Xabi Alonso is die seun van Miguel Ángel Alonso en die jongste broer van Mikel Alonso, wat beide op hul tyd professionele sokkerspelers was.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "FIFA World Cup South Africa 2010: List of Players" (PDF) (in Engels). Fédération Internationale de Football Association (FIFA). 4 Junie 2010. p. 29. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 13 September 2013.
  2. Official Real Madrid profile
  3. "Crazy Celebrations in Leverkusen! Xabi Alonso´s Werkself Win Their first Bundesliga Title!". Amptelike Bundesliga YouTube-kanaal. 14 April 2024. Besoek op 11 Maart 2025.
  4. FIFA laat vuvuzela's toe op WK in Suid-Afrika, vi.nl, 17 Julie 2009.