Gaan na inhoud

Anheuser-Busch InBev

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Anheuser-Busch)
Anheuser-Busch InBev
TipeAandelemaatskappy
Gestig2008
Hoofkantoor,
Gebied bedien
wêreldwyd
Sleutelpersone
Carlos Brito (hoof- uitvoerende beampte)
ProdukteAlkoholiese drank: bier en sterk drank, koeldrank
Inkomste$54,62 miljard (2018)[1]
$17,11 miljard (2018)[1]
7 597 000 000 Amerikaanse dollar (2022) Edit this on Wikidata
Totale bates212 943 000 000 Amerikaanse dollar (2022) Edit this on Wikidata
Aantal werknemers
182 915 (2017)[2]
FilialeAnheuser-Busch
InBev
AmBev
Grupo Modelo
Webwerfab-inbev.com

Anheuser-Busch InBev SA/NV (AB InBev), 'n multinasionale maatskappy, is die wêreld se grootste bierprodusent.

Kantoor van Anheuser-Busch InBev in Arkansas, Verenigde State

Dit vervaardig meer as 200 biermerke waaronder die wêreld se bekendste biere, naamlik Budweiser, Stella Artois en Corona. Ander bekende biere wat deur die firma gebrou word is Aguila, Beck’s, Bogota, Contender, Brahma, Castle, Hoegaarden, Jupiler, Leffe, Hertog Jan, Oranjeboom, Dommelsch, Bud Light, Harbin en Hasseröder.

AB InBev is in 1977 gestig met sy hoofkantoor in Leuven, België. Die firma is gevorm deur die samesmelting van Interbrew van België, AmBev van Brasilië en Anheuser-Busch van die Verenigde State. In Oktober 2016 het die Suid-Afrikaanse maatskappy SAB Miller (Suid-Afrikaanse Brouerye/SABMiller) daarby aangesluit. Wêreldwyd het die groot onderneming 182 915 werknemers in 25 lande in diens.

Die aandele in AB InBev word op die beurse van België, Meksiko, Suid-Afrika en New York verhandel. Dit is die grootste firma wat sy aandele op die Johannesburgse aandelebeurs noteer.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 "Financial Report 2018" (PDF). AB Inbev (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 23 Maart 2020.
  2. "Financial Report 2017" (PDF). AB Inbev (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020. Besoek op 23 Maart 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]