Crypto.com
Voorkoms
Crypto.com | |
![]() Crypto.com Arena in Los Angeles, Verenigde State | |
Tipe | Privaat |
---|---|
Gestig | Junie 2016 |
Hoofkantoor | Singapoer |
Sleutelpersone | Bobby Bao Gary Or Kris Marszalek Rafael Melo |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Kriptogeld |
Produkte | Geldeenhede Nieverwisselbare items |
Werknemers | 4 000 (2022) |
Webwerf | crypto.com |
Crypto.com is 'n kriptogeld-beurs gebaseer in Singapoer wat verskeie finansiële dienste bied, insluitend 'n toep, ruil- en niebewarings-DeFi-beursie, NVI-mark en direkte betalingsdiens in kriptogeld. Teen Junie 2023 het die maatskappy na bewering 100 miljoen kliënte en 4 000 werknemers gehad.[1]
Die maatskappy is aanvanklik in Hongkong gestig deur Bobby Bao, Gary Or, Kris Marszalek en Rafael Melo in 2016 as "Monaco". In 2018 is die maatskappy herdoop na Crypto.com na 'n aankoop van 'n domein wat besit word deur die kriptografie-navorser en professor Matt Blaze.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Crypto.com Arena Keeping Controversial Name Despite Exchange Shut Down" (in Engels). Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2023. Besoek op 26 Januarie 2025.
- ↑ "Crypto.com, the multimillion-dollar cryptography domain whose owner refused to sell, has been sold" (in Engels). theverge.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2019. Besoek op 26 Januarie 2025.