Gaan na inhoud

Dolby Laboratories

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dolby Laboratories, Inc.
TipePublieke maatskappy (Corporation)
Gestig18 Mei 1965 in Londen, Verenigde Koninkryk
Hoofkantoor,
Sleutelpersone
Ray Dolby (stigter); Peter Gotcher (uitvoerende voorsitter), Kevin J. Yeoman (voorsitter en hoof uitvoerende beampte)
Inkomste1,082 miljard VSA-$ (2017)
248,64 miljoen VSA-$ (2017)
Aantal werknemers
1 867 (2015)
FilialeAudistry
Via Licensing
Webwerfdolby.com

Dolby Laboratories, Inc. (dikwels kort Dolby Labs genoem) is 'n Brits-Amerikaanse onderneming wat in oudio-geraasvermindering en oudio-enkodering en -kompressie spesialiseer. Dolby lisensieer sy tegnologieë vir vervaardigers van verbruikerselektronika.

Dolby Labs is deur die Amerikaanse ingenieur Ray Dolby (1933–2013) in 1965 in Londen gevestig. Elf jaar later is die onderneming se hoofkwartier na San Francisco in Kalifornië verskuif.