Gaan na inhoud

Embraer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Embraer S.A.
TipeKorporasie
Gestig19 Augustus 1969; 55 jaar gelede (1969-08-19)
Hoofkantoor
São José dos Campos
,
Gebied bedien
Europa, Asië, Noord-Amerika, Oseanië
Sleutelpersone
Francisco Gomes Neto (voorsitter en hoof- uitvoerende beampte)
ProdukteVliegtuie, vliegtuigkomponente, missiestelsels vir lug- en grondoperasie
Inkomste $19,8 miljard (2017)[1] (2013)
314 500 000 Amerikaanse dollar (2023) Edit this on Wikidata
164 000 000 Amerikaanse dollar (2023) Edit this on Wikidata
Totale bates10 761 000 000 Amerikaanse dollar (2023) Edit this on Wikidata
Aantal werknemers
19 116 (1 Sep 2014)[2]
AfdelingsEmbraer Defense & Security
Embraer Commercial Aviation
Embraer Executive Jets
FilialeNeiva
OGMA, SAVIS
Eve Air Mobility
Atech, Bradar
Webwerfembraer.com
'n Embraer E170 van Air Canada styg op vanaf Montréal–Trudeau Internasionale Lughawe.

Embraer, die Empresa Brasileira de Aeronáutica S.A., is 'n Brasiliaanse vliegtuigvervaardiger. Embraer vervaardig kommersiële, militêre en luukse stralers vir sakeondernemings. In die tydperk tussen 1999 en 2001 was Embraer die grootste uitvoerder in Brasilië en is tans nog steeds een van die drie belangrikste vervaardigers van uitvoergoedere. Na Boeing en Airbus verkoop Embraer die derde meeste kommersiële vliegtuie en het ook die vierde grootste aantal werknemers na Boeing, Airbus en Bombardier.

Embraer is in 1969 deur die Brasiliaanse regering gestig en word tans deur institusionele beleggers beheer. Die maatskappy se hoofkwartier, sy belangrikste produksieaanleg en sy ingenieurs- en ontwerpkantore is in São José dos Campos geleë, 'n stad in die Brasiliaanse deelstaat São Paulo.

Embraer is ook 'n belangrike vervaardiger van onderdele en doen toetsvlugte in een van sy produksieaanlegte in Gavião Peixoto (deelstaat São Paulo). Hierdie fabriek beskik ook oor 'n aanloopbaan met 'n lengte van 5 000 meter (16 400 voet).[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Embraer on the Forbes Global 2000 List" (in Engels). Forbes.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 16 Mei 2014.
  2. (en) Press Room: Embraer in Numbers embraer.com
  3. Persverklaring van Embraer

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]