Gaan na inhoud

PetroSA

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Mossgas)
PetroSA
TipeStaatsmaatskappy
Gestig1965
Hoofkantoor
151 Frans Conradie Rylaan, Parow, Kaapstad, Wes-Kaap
,
Sleutelpersone
Bhekabantu Wilfred Ngubane (Tussentydse Voorsitter)
Siphamandla Kenneth Mthethwa (Waarnemende hoofuitvoerendebeampte)
ProdukteRuolie en aardgas
InkomsteR 18 049 miljard (2015)
R 14 551 miljard (2015)
Aantal werknemers
1 720 (2015)
OuerCentral Energy Fund
Webwerfpetrosa.co.za

PetroSA, oftewel die Petroleum, Olie en Gaskorporasie van Suid-Afrika, is 'n staatsbeheerde maatskappy in Suid-Afrika wat in Januarie 2002 gevorm is toe Mossgas, Soekor en dele van die Strategiese Brandstoffonds Assosiasie saamgesmelt het. PetroSA bedryf een van die grootste gas-na-vloeistofaanlegte ter wêreld in Mosselbaai. Die maatskappy beskou hul kernaktiwiteite as:

  • Die eksplorasie en produksie van ruolie en aardgas.
  • Die deelname in en aankoop van plaaslike sowel as internasionale stroomop petroleumgeleenthede.
  • Die produksie van sintetiese brandstowwe, wat vervaardig word uit ondersese gas in wat hulle beskryf as een van die wêreld se grootste kommersiële gas-na-vloeistofaanlegte.
  • Die bemarking en verhandeling van olie en petrochemikalieë.
  • Die stoor van ru-olie namens die Strategiese Energiefonds.

Van die produkte wat deur die maatskappy geproduseer word sluit petrol, paraffien, diesel, propaan en alkohole in.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]